tuis  |   kontak  |   nuus  |   media
 
Nuutste Nuus

Desember 2012
Fran word aangewys as die wenner van ATKV Crescendo Kreatief 2012.
"Om as die wenner weg te stap van Crescendo Kreatief 2012, was die inspuiting wat ek nodig gehad het. Dis 'n ongelooflike groot eer en voorreg en ek hoop dat ek die ATKV sal trots maak met dit wat ek aanpak en opdis op die pad vorentoe." lees meer...

Oktober 2012
Fran is weereens (soos verlede jaar) 'n finalis in ATKV Crescendo Kreatief 2012. Sy sal 'n liedjieslypskool bywoon - van 2 tot 7 Desember 2012 by ATKV Goudini Spa in Worcester - wat aangebied word deur Lize Beekman, Jaconell Mouton, Douw Steyn, Karen Zoid en Niel Schoombie - groot name in die Afrikaanse musiekbedryf.

September 2012
Fran is aangewys as die algehele wenner in Angel Music Studio Productions se 2012 Liedjieskryfkompetisie met haar liedjie "Koebaai SĂȘ". Die prys is die produksie van 'n musiekvideo. Die video sal binnekort te sien wees op YouTube en op televisie.

 
   
   
 
   
       
 
© Fran Carstens